Zani {9 dae oud} – Somerset West Newborn Photographer

Zani is die pragtige eersteling van Zelda en Riaan en sy is tot onlangs rondgedra in hierdie stylvolle magie. Sy was nege dae oud op die dag wat ek opgedaag het vir haar eerste fotosessie. Sy was aanvanklik heel rustig, maar hoe meer goed ek uitgepak het, hoe groter het haar oë geraak, en teen die tyd wat ons haar klere probeer uittrek het, was sy goed omgekrap met ons! Foei tog, dit was omtrent ‘n stryd om haar rustig te kry en al wat sy eintlik wou doen was om knussies in iemand se arms te lê en haar dummy in vrede te suig. Gelukkig is Zelda en Riaan baie rustig, so met ‘n bietjie geduld kon ons darem die ding gedoen kry!

Ek wil net byvoeg dat Zelda een van die mooiste ma’s van ‘n pasgebore baba is wat ek al gesien het – kan julle glo dat sy nog net meer as ‘n week gelede swanger was? Wow!

Kyk gerus na hulle Facebook album vir nog ‘n paar foto’s.


 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

css.php