Latest

Die Herselman Gesin | Somerset West Photographer

Ek ken hierdie oulike mense al ‘n hele paar jaar en het hulle ontmoet toe Luzanne swanger was met haar tweede seuntjie. Nou is Luzanne weer swanger en hierdie keer is dit ‘n klein pienke wat haar opwagting gaan maak! Ek het hulle by die asemrowende Lourensford wynplaas ontmoet. Luzanne lyk absoluut pragtig en mens kan sien dat dit ‘n baie gelukkige klein dogtertjie gaan wees om in so liefdevolle en spesiale gesin ontvang te word. Dit was maar moeilik om net ‘n paar foto’s van sulke fotogeniese mense te kies, maar hier is ‘n paar van my gunstelinge.

 

Ilse, Sune en Menandie | Stellenbosch Photographer

Ek het vir Ilse en haar gesin ontmoet met Sune, hul oudste dogtertjie, se doop. Van toe af was ek gelukkig genoeg om ‘n paar keer weer gevra te word om hulle af te neem. Die gesin het intussen Vrystaat toe verhuis, maar het onlangs in Stellenbosch kom kuier waar ek hulle weer ontmoet het. Hier is ‘n paar van my gunstelinge:

Die Smit Gesin | Somerset West Baby Photographer

Ek het die Smitte twee jaar gelede laas gesien net nadat hul oudste, Sameul, gebore is. Nou is hulle die trotse ouers van ‘n tweede seuntjie en ek was gelukkig genoeg om hom ook te ontmoet. ‘n Heel ander patroontjie as sy boetie, was hy baie geduldig met my, maar het ‘n paar keer vir my probeer vertel wie eintlik die baas is.

Klein Sameul het heel oggend opgewonde gesels en was in en uit die kamer – ongelukkig het hy sy ken oopgeval terwyl ek besig was met Simeon en moes hul inderhaas hospitaal toe vir steke! Arme klein mannetjie – ek hoop hy voel sommer stukke beter x

 

 

Die Mouton Gesin | Somerset West Family Photographer

Ek het hierdie vriendelike en energieke gesin by die Helderberg Natuurtuin tydens die wintervakansie ontmoet. Ons was gelukkig om ‘n heerlike sonnige dag te hĂȘ, al was die gras ‘n bietjie nat!

Hier is ‘n paar foto’s van die oggend.

Nieke Lombard | Publicity Shoot

Ek het Nieke so tydjie gelede in Kaapstad by Die Tuine ontmoet – die opdrag was om ‘n paar foto’s te neem vir ‘n artikel in Bloemfontein se MyMag. Nieke is so vriendelik, vars, mooi en lekker om mee te werk dat ek op die ou end sommer ‘n hele klomp foto’s geneem het. Sy het ook haar pop, Elnora saamgebring. Nieke en Elnora is die sterre van die volwasse poppespel, Elnora en Nirvana, waarvoor Nieke die Kanna vir Beste Kopverskuiwende Werk gewen het. Sy het ook die Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar gewen – defnitief ‘n jong dame om dop te hou!

Hier is so ‘n paar foto’s van die dag.


css.php