Joshua | Paarl Newborn Photographer

Joshua se Ouma het vir hom sy heel eerste fotosessie gereël. Op dag twaalf van sy lewe, was hy aanvanklik baie wakker en bekommerd oor hierdie vrou met haar kamera, maar met die gewone geduld, gesus en iets vir die ewige dors, het hy wel rustig genoeg geraak sodat ons lekker kon speel. Joshua is reeds ‘n mannetjie wat presies weet wat hy wil hê – mens moet hom toemaak, maar sy hande moet oop wees. Hy hou niks daarvan om op sy magie te lê nie en ook glad nie van ‘n mus op sy kop nie! Dis so oulik hoe sulke klein mensies reeds so baie van mekaar verskil en ‘n eie persoonlikheid begin ontwikkel op so ‘n jong ouderdom.

Hier is ‘n paar van my gunstelinge. Daar is ook ‘n paar ekstra foto’s in ‘n Facebook Album.

 

3 Responses

  1. Lisa

    Dis sooo bitterlik pragtig!!
    pragtige foto’s
    pragtig baba
    en pragtige familie!

    love die giraffie 🙂

    February 8, 2013 at 4:03 pm

  2. Christelle

    BEAUTIFUL!!!! Nogmals baie geluk aan die Coetzee familie, ek is baie lief vir julle en Joshua het reeds in ons almal se harte ingespring 😉

    February 8, 2013 at 4:08 pm

  3. alet

    Die onskuld en liefde in die fotos kan mens aanvoel. Baie geluk aan die Coetzee familie met julle nuwe byvoeging. Mag hy baie geluk vir julle bring met so n mooi naam.

    February 8, 2013 at 4:30 pm

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

css.php