Jessica-Jané word 1! – Cape Town Photographer

Klein Jessica-Jané se partytjie was beplan om in die tuin by haar huis plaas te vind, maar die Kaapse weer het oudergewoonte die planne in die wiele gery. Die hele storie is toe geskuif na haar pa se kantoor toe – gelukkig dat hulle ‘n alternatiewe plan kon maak! Dit was ‘n kleurvolle en vrolike dag, gevul met familie en vriende wat die spesiale geleentheid saam met haar en haar ouers (wat ook op die dag hul 5de huweliksherdenking gevier het!) gedeel het. JJ het haarself gate uit geniet en was teen die einde van die middag heeltemal pootuit…

Hier is ‘n paar van my gunstelinge – daar is ook ‘n paar ekstra foto’s in ‘n Facebook album.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

css.php