Die Venus Versameling

Die Venus Versameling is ‘n reeks foto’s van vroue, geïnspireer deur die verhoogstuk, Die Vagina Monoloë (die Afrikaanse vertaling van The Vagina Monologues deur Eve Ensler).

Die versameling bevat foto’s van verskeie vrouens, afgeneem in natuurlike lig, net soos hulle is. Die doel van die foto’s is nie om glansryk te wees nie, maar eerder om vroue uit beeld op ‘n eerlike manier, sonder fieterjasies.

Elke vroue is pragtig en uniek en ek dink elkeen van hierdie foto’s vang iets spesiaal van elke persoon vas. Ek probeer foto’s neem wat ‘n storie vertel – dus elkeen weerspieël ‘n sekere emosie of gebaar.

Hierdie is ‘n groeiende versameling en ek voeg foto’s by soos wat ek nuwe vrouens kry wat bereid is om iets van hulself met my te deel.

Ek is oneindig dankbaar vir al die wonderlike vroue wat so vrygewig hulle tyd en liggame geoffer het vir hierdie projek – elkeen van julle het my iets geleer.

Spesiale dank aan Antoinette Louw wat hierdie projek aangevuur het.

Die foto’s word uitgestal met elke uitvoering van Die Vagina Monoloë.

Die foto’s is ook te koop – kontak my gerus vir ‘n katalogus met pryse of om ‘n afspraak te reël om die fisiese versameling te sien.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

css.php